Senior provinsiale inspekteur in hof

‘n Senior provinsiale inspekteur van die Gauteng verkeersafdeling is gearresteer op klagtes van afpersing en korrupsie.

Dit volg na klagtes ontvang is dat die inspekteur bestuurderslisensies gekonfiskeer het van motoriste en hul dan afgepers het voordat dit teruggehandig is.

Daar word vermoed dat sy geval net die oortjies van die seekoei is, want as ‘n senior beampte so ‘n voorbeeld stel, dit waarskynlik gretig nagevolg sal word deur laer range wat ook op die manier hulle inkomste wil aanvul.