Russe bou eie Internet stelsel

Deskundiges op die gebied van die Internet sê die Russe is besig met hulle tweede stap om ’n eie afsonderlike Internet op te rig wat onafhanklik van die Westerse wêreld se stelsel sal wees.

Volgens die inligting wat vrygestel is, blyk dit dat die stelsel minstens sal verseker dat kuberkrakers nie die stelsel sal kan binnedring nie.

Die inligting is vrygestel nadat die Britse minister van buitelandse sake, Boris Johnson, tydens sy besoek aan Rusland die Russiese leiers gevra het om hulle inmenging in Westerse lande se huishoudelike aangeleenthede te staak.

Rusland hou tans die strengste moontlike maatreëls in stand oor Internet gebruikers se drasties ingekorte regte.

Gebruikers mag nie die sosiale netwerke gebruik nie, en tronkstraf is die enigste strafmaatreël vir oortreders.

Die Russiese owerheid maak ook seker dat dit moeilik is om bandwydte te bekom wat ’n groot beperking op gebruikers plaas.

Die vermoede bestaan dat die streng maatreëls gewysig sal word vir Russiese gebruikers wanneer ’n eie Internet stelsel gevestig sou word.