Russe bedreig ondersese kabels

Die Noord Atlantiese Verdrag Organisasie (Navo) het sy bekommernis oor die toename in Russiese duikbote in die Atlantiese Oseaan, wat die ondersese datakabels kan bedreig.

Militêre  deskundiges waarsku dat die Russe met hulle teenwoordigheid die kabels kan saboteer of selfs die inligting aftap wat beteken dat dit Europa baie maklik sonder enige Internet kan laat.

Die ondersese kabels wat as datakabels bekend is, word gebruik om ’n konstante Internet verbinding tussen Europa en Amerika te verseker.

Die moontlikheid is nie uitgesluit nie dat Rusland daarin kan slaag om die kabels te “kontroleer” dan het president Vladimir Poetin ’n kragtige wapen om te gebruik teen die Westerse moondhede.

Politieke ontleders sê die Russe het nog nie afgesien van die wyse woorde van 2 000 jaar gelede wat deur ’n Sjinese krygsheer, Sun Tzu, gesê is, naamlik dat die moondheid wat die kuns het om oorlog te voer en die vyand te verslaan sonder ’n geveg, sal die wêreld regeer.

Die Amerikaanse admiraal Andrew Lennon het gesê die Weste moet daarop let dat Russiese duikbote vir ’n geruime tyd reeds naby die gebied is waar die ondersese datakabel is.