Rusland ontwikkel hipersoniese missiel

Vladimir Poetin het opdrag gegee dat die Russiese oorlogsvloot gemoderniseer word om ook saam te val met die nuut ontwikkelde hipersoniese vuurpyl.

Die oorlogskepe moet ondermeer toegerus word met die uiters moderne en hoogs doeltreffende hipersoniese vuurpyl wat pas ontwikkel is.

Die blitsvinnige missiel het ’n bron van kommer geword vir Westerse lande aangesien hulle nie oor die toerusting beskik om ’n aanval met die nuwe missiel effektief kan afweer nie.

Die ‘Zircon 3M22’ word tans beskou as een van Rusland se gevaarlikste en mees doeltreffende wapens wat as die hoogste troefkaart beskou word.

Die Russiese missiel draers, die ‘Admiral Nachimow’ en ‘Pyotr Veliky’ van die vloot sal eerste toegerus word, waarna een na die ander oorlogskip opgradeer sal word.

Na raming sal die opgradering van elke oorlogskip sowat 1,5 miljard euro kos, en die Russe se oogmerk is om dit in 2022 afgehandel te kry.

Die Russiese Vloot beplan ook om sy atoomaangedrewe duikbote sowel as die vliegdekskepe toe te rus met die gevaarlike hipersoniese missiele.

Die Russe het daarin geslaag om die hipersoniese missiel veel kleiner te maak, wat dit hoogs doeltreffend en uiters gevaarlik maak en moeilik met missiel afweerstelsels afgeskiet kan word.

Foto – Die ‘Zircon 3M22’