Regse AfD kry voorsitterskap in komitees

Die nasionalistiese party, Alternatief vir Duitsland (AfD),  het daarin geslaag om die voorsitterskap van drie belangrike komitees in die Bundestag te kry.

Die AfD sal as voorsitter optree in die spesiale komitees van die parlement waarvan die begrotingskomitee waarskynlik die belangrikste is.

Voorsitterskap van die wetgewende sake asook toerisme is aan die AFD toegesê wat van die party ’n belangrike element in die Duitse parlement uitmaak omdat hulle nou beskou word as die grootste amptelike opposisieparty.

Aanvanklik is die linkse Sosiaal Demokratiese Party van Martin Schulz die grootste opposisieparty, maar omdat Kanselier Merkel nou met die party wil saamwerk in ’n koalisie, is die AfD die amptelike opposisie.

Die AfD woordvoerders het hulle tevredenheid met die verkiesing van die drie voorsitters uitgespreek en gesê die party is gelukkig met die aanwys van drie voorsitters in die uiters belangrike komitees.

Foto – Duitse Bundestag