Ramaphosa, Afrika se nuwe Mugabe

Met ’n graad verskil in werkswyse, van die destydse diktator en gronddief in Zimbabwe, ene Robert Mugabe, het die nuwe leier van die ANC in Suid-Afrika, getoon dat hy die nuwe gronddief van Afrika is.

Terwyl talle Afrika leiers smag daarna om die blanke boere van Suid-Afrika te lok om vir hulle kos te produseer, het Cyril Ramaphosa gekies om eerder soos Mugabe, die grond by blankes te steel om vir diegene te gee wat nie weet hoe om produktief te boer nie.

Ramaphosa het in ’n toespraak, waartydens hy die hoorders wou beïndruk, gesê daar sal grond gevat word sonder vergoeding.

Kenners van die Afrika politiek sê Ramaphosa het daarmee die nuwe Mugabe, en die nuwe gronddief van Afrika geword.

Politieke ontleders sê as daar iemand is wat gedink het dit sal beter gaan met die landbouers wanneer Cyril Ramaphosa die land se president word, gaan hulle die skok van hulle lewe kry, want hy gaan nie huiwer om sy anti-blanke houding ten volle toe te pas nie.

Hans Wysneus