Puigdemont kan nie van buite regeer nie

Die regering van Spanje het enige moontlike hoop verydel dat die separatiste leier, Carles Puigdemont, Katalonië mag regeer van buite die streek.

Tydens ’n onlangse besoek van separatiste leiers aan Carles Puigdemont, wat steeds in België is, het hulle gesê hulle ondersteun hul leier en eis dat hy Katalonië se minister-president bly soos tevore, al woon hy in België.

Madrid het egter te kenne gegee dat hulle sy aanstelling as president van Katalonië in die Spaanse hooggeregshof sal betwis indien hy nie woonagtig is in die streek nie.

Puigdemont het kort na die onafhanklikheidsverklaring in die parlement van Katalonië  vervolging in die gesig gestaar, en was hy en vier van sy ministers verplig om na België uit te wyk waar hulle met oop arms deur Vlaamse regeringslui ontvang is.

Die Spaanse regering se onversetlike houding het spanning veroorsaak veral nadat Spanje die verkiesing gehou het met die verwagting om ontslae te raak van die separatiste as regeerders, maar uiteindelik het die meerderheid kiesers weer die separatiste gesteun.

Foto – Premier Mariano Rajoy