Pretoria slagpale gesluit

Slagpale in die groter Pretoria gebied is gesluit nadat gesondheidsinspekteurs vleis wat deur die slagpale versprei word positief getoets het vir Listeria.

‘n Pasiënt wat gediagnoseer is met Listeriosis het die inspekteurs op die spoor geplaas van die verkooppunt waar die vleis aangekoop is. Verdere ondersoek het die slagpale verbind met die besmette vleis.

365 gevalle van Listeriosis is in 2017 aangemeld met 28 sterftes.