Polisie helikopter val in Drakensberg

‘n SAPD helikopter het naby Cathedral Peak in die Drakensberge geval.

Die helikopter was ontplooi om te soek na ‘n vermiste stapper.

Al vier die insittendes het ongedeerd van die ongeluk afgekom. Die rede vir die ongeluk is nie bekend nie en die stapper is nog steeds soek.

Onlangs het ‘n polisie helikopter ook naby die Hugenotetonnel in die Wes-kaap geval.