Poetin kry besoek uit Argentinië

Tydens president Mauricio Macri van Argentinië se tweedaagse besoek aan Rusland, is indringende gesprekke gevoer met die Russiese president, Vladimir Poetin.

President Macri het gesê die twee lande het baie in gemeen, en die moontlikheid dat Rusland ’n kernkrag sentrale kan oprig in Argentinië is ook bespreek.

Die twee leiers het 18 maande gelede ontmoet tydens ’n G20 beraad, en is ’n besoek van Macri aan Moskou toe reeds bespreek.

Poetin het in ’n verklaring gesê die twee leiers het onderneem om sterker bande te smee tot beide lande se voordeel.

Hy sê Rusland is bereid om vuurpylengines aan Argentinië te voorsien indien daar ’n behoefte bestaan.

President Macri sal ook die Wêreld Ekonomiese Forum bywoon in Davos, Switserland, waarna hy besoek sal bring aan Frankryk.

Foto – Pres. Macri en pres. Poetin