Pasiënt brand dood in Groote Schuur

‘n 63-jarige pasiënt is dood tydens ‘n brand wat ontstaan het in ‘n saal in die Groote Schuur hospitaal in Kaapstad.

Die brand het ongeveer 22:00 ontstaan en personeel het pasiënte ontruim maar die een pasiënt het doodgebrand.

Die brandweer kon die vuur in die saal  blus voordat dit versprei het.  Die oorsaak van die brand is nog onbekend.