Oostenryk tree op teen immigrante

Die leier van die Oostenryk se nasionalistiese Vryheidsparty het gesê hy verkies dat die onwettige immigrante in die land, oorgeplaas moet word na weermag barakke.

Met die nuwe jaar net meer as ’n week oud, het die Vryheidsparty leier se uitlating die opposisiepartye laat regop sit en hewige kritiek uitgespreek oor die ongevoeligheid van die koalisieregering se woordvoerder.

Die Vryheidsparty leier, Heinz-Christian Strache, is die visepresident van kanselier  Sebastian Kurz se regering, en daarvoor bekend dat hy gekant is teen die toelating van sogenaamde vlugtelinge wat Europa binnedring, en waarvan talle die oogmerk het om terreurdade te pleeg.

Heinz-Christian Strache het gesê die ou weermag barakke wat in onbruik geraak het, kan huisvesting bied vir diegene wat aansoeke om asiel ingehandig het, en behoort daar te bly tot hulle aansoeke oorweeg is.

Die Vryheidsparty is die junior vennoot in die Volksparty se koalisieregering van die jong kanselier, Sebastian Kurz.

Die Oostenrykse kanselier word beskou as die opkomende leier van Europa, en is reeds besig om sy stempel af te druk tot groot frustrasie van die linkse politici in die Europese Unie.

Foto – Kanselier Sebastian Kurz