Oos-Kaap waterkrisis selfs groter

Kaapstad se waterkrisis word daagliks beklemtoon maar dit blyk dat die Oos-Kaap erger water krisisse in die gesig staar.

Die Kouga dam is tans 7,9% vol in vergelyking met 44,6% verlede jaar dieselfde tyd.  Hierdie dam voorsien water aan die Kouga- en Gamtoosvalleie sowel as Port Elizabeth.

Vooruitskouings toon dat Maart, April en Mei moontlik effens beter reënval gaan lewer maar die vraag is of dit nie reeds te laat gaan wees nie.

Intussen gaan Kaapse huishoudings vanaf 1 Februarie slegs 50 liter per persoon per dag ontvang.

Die vraag is wat gaan gebeur wanneer mense nie meer kan stort nie, nie meer ‘n toilet kan spoel nie, of in ‘n tou moet gaan staan vir drinkwater. Ontleders wil nie pessimisties wees nie maar voorsien tog dat so ‘n situasie in anargie kan ontaard as daar vir water baklei gaan word.

Intussen baklei politici in die Kaap oor Patricia De Lille se toekoms in plaas daarvan om aan wesenlike krisisse aandag te gee.

Foto: Gamkadam