“Oorgewig” planete swaarder as vermoed is

Onafhanklike waarnemers het skerp kritiek uitgespreek teenoor wetenskaplike navorsers nadat vasgestel is dat daar veel meer “oorgewig” planete bestaan as wat tot hede bekend is.

Wetenskaplikes beweer noudat swaar planete wat as “oorgewig” sterre gesien word, baie meer is as wat tot nou toe aan hulle bekend was.

Die navorsers reken dat die sogenaamde “oorgewig” sterre tot soveel as 200 keer swaarder is as wat algemeen aangeneem is.

Die wetenskaplikes meen ook dat die groter en swaarder sterre se lewe “eindig” as ’n sogenaamde “swart gat”, wat beteken dat veel meer sulke swart kolle gaan vorm as wat aanvanklik gemeen is.

Maar kritici sê die wetenskaplikes sal nie maklik die ware prent gevorm kry nie aangesien die oneindigheid van die Skepper se uitspansel altyd onbekend sal bly aan die mens op aarde.