Onbekende Van Gogh skilderye gevind

Twee werke van die wêreldberoemde kunstenaar,  Vincent van Gogh, is na deeglike navorsing gedoen is, by die bestaande reeks gevoeg.

Die twee kunswerke wat ontdek is, en wat tot hede onbekend was, het die wêreld van die skilderkuns aan die praat oor ’n moontlikheid dat nog sulke werke mag bestaan.

Axel Rüger, die direkteur van die Van Gogh Museum, het bevestig dat die twee werke by die res van die versameling gevoeg word.

Deskundiges oor die onderwerp het die styl, tegniek, materiaal en ander belangrike elemente ondersoek en vasgestel dat die kunswerke beslis werke uit die Van Gogh kwas gekom het.

Die beroemde kunstenaar, wat in die tydperk 1853 tot 1890 geleef het, word beskou as een van die wêreld se beroemdste skilders.

Die twee kunswerke sal tydens ’n groot uitstalling in Amsterdam vanaf 16 Januarie tot 6 Mei besigtig kan word.