Nehawu lede gaan staak

Die jaar het nog maar skaars begin of vakverbonde reël hul eerste stakings oor loongeskille.

Nehawu het aangekondig dat al hulle lede by Unisa gaan staak. Gister het hulle reeds die ingang na die Sunnyside kampus in Pretoria versper. Hulle eis ‘n 10% verhoging vir alle werkers. Unisa se aanbod van 7% verhoging, wat reeds hoër as die amptelike inflasiekoers is, is deur Nehawu verwerp.

Lede van die vakverbond is reeds besig met ‘n staking by Durban Universiteit van Tegnologie waar hulle ‘n 12% verhoging eis.

Dit het ‘n ontwrigting op die registrasieproses by universiteite, wat eersdaags hulle deure vir die akademiese jaar moet open.

Intussen het honderde werkers van die apteekgroep Dis-Chem ook begin staak en eis bonusse en die erkenning van hul vakbond, Nupsaw.