Natal dorpe in huurmotor vete

Die dorpe Ladysmith en Ezakheni in Natal is bykans tot stilstand gebring deur ‘n vete tussen twee huurmotor faksies.

Sedert 2014 is 61 mense al dood as gevolg van faksie wrywing oor roete bepalings.

Na die dood van 11 persone in Oktober 2017 is die twee huurmotor vereniging geskors deur die LUK van vervoer, Mxolisi Kaunda.  Vyf busse is sedertdien ingespan om pendelaars te vervoer en die busse is verlede Sondag by die depot aan die brand gesteek en onlustepolisie moes ingryp.

Kaunda sal glo die area besoek om verdere aksie te bepaal.