Nasionaliste is politieke gif

Bondskanselier Angela Merkel het in haar toespraak by die Wêreld Ekonomiese Forum in Davos behoorlik gal gebraak oor die opkoms van nasionalisme, en gesê die regse populisme is politieke gif.

Sy sê alhoewel hulle in Duitsland “onder beheer” gehou word, is hulle gif.

Sy beweer dat die nasionalisme nie die antwoord is op die wêreld se probleme nie, en bygevoeg dat Europa meer verantwoordelikheid moet neem.

Die opmerking strook nie met haar vorige woedebui toe president Trump gesê het Europa moet verantwoordelikheid neem vir sy eie sake.

Politieke ontleders is van mening dat Merkel se wrewel teenoor die nasionaliste verband hou met die uitslag van die September verkiesing toe sy ’n erge nederlaag gely het met duisende kiesers wat haar party verlaat het en vir die AfD gestem het.

Die uiteinde daarvan is dat sy haar geloofwaardigheid verloor het as politieke leier in Europa, en steeds in onderhandelings betrokke bly in ’n poging om ’n koalisieregering saamgestel te kry.

Meningsvormers glo dat die beoogde koalisie met die linkse Sosialiste van Martin Schulz sal een van die swakste regerings wees wat Duitsland nog gehad het sedert 1945.

Merkel se aansien het skerp gedaal weens haar “oop deur” benadering om onwettige immigrante in Europa te ontvang wat ondermeer ook talle terroriste ingesluit het.

Foto – Angela Merkel