Namibië steur hulle nie aan kwotas

Waarnemers vind dit vreemd dat Namibië se 0/19 krieketspan slegs twee anderskleurige spelers insluit in die groep van 14 spelers.

Die besef begin deurdring dat kwotaspelers nie die span kan dra in wêreldklas kompetisies nie.

Twee jaar gelede het die span tydens die wêreldkampioenskappe ‘n sewende plek behaal, wat beter was as Suid-Afrika en Zimbabwe.

2018 se Junior Wêreldkampioenskappe begin oor twee weke in Nieu-Seeland.