Motorrubriek – Ferrari 70 jarige herdenking

 

Ferrari herdenk vanjaar sy 70 jarige bestaansjaar en deur hierdie 70 jaar het daar verskeie modelle die lig gesien.

Die “pronkstap” van die perd op die geel agtergrond is aan almal bekend en motor entoesiaste wêreldwyd kan in vervoering raak daaroor. Dit is een van my persoonlike gunstelinge en wie van ons sal nie graag een of ander Ferrari in ons motorhuis wil parkeer nie.

Museo Enzo Ferrari was ‘n man van formaat en hy het self voorkeur motors in die lewe gehad maar sy sukses sover as Ferrari’s aanbetref, kan nie genoeg beklemtoon word nie. Dit is algemene kennis van die suksesse wat op die renbane dwarsoor die wêreld behaal is.

Een van seker die bekendste Ferrari bestuurders is Michael Schumacher. Hy het vir verskeie jare sukses behaal op die renbane en is bekend daarvoor dat hy tydens sy loopbaan by Ferrari baie min renne nie op die podium verskyn het nie.

Deur die jare is verskeie modelle gebou waaronder ook pad modelle beskikbaar was. In ‘n boek geskryf deur Nicky Wright genaamd Ferreri The Enduring Legend verskyn daar ‘n groot aantal motors. Vanaf 1950 tot 1989 is daar 30 plus motors wat genoem word.

Een van die bekendstes is die 1973 Ferrari Dino 246 GTS. Die bakwerk is ook deur Fiat gebruik vir die Fiat Dino. Die tegniese spesifikasies van die Ferrari Dino is heel indrukwekkend. Trouens elke Ferrari se tegniese spesifikasies is indrukwekkend.

Die Dino 246 GTS is gebou vanaf 1972 tot 1974 en daar is 1274 van hulle gebou. Dit het die eerste keer sy verskyning gemaak in 1965 op die Parys se motorskou. Die bak stelering was koepee van aard, van staal vervaardig en die ontwerper daarvan was Bertone. Dit was beskikbaar in verskeie kleure waarvan geel een van die gewildste kleure was. Die kragbron was ‘n 65 grade V6 met ‘n verplasingskapasiteit van 2418 kub. sentimeter en dit was agter die agterste sitplek gemonteer. Die boor en slag was 92.5 mm en 60 mm onderskeidelik. ‘n Dubbel oorhoofse nokas is gebruik en drie vergassers het gesorg vir die brandstof voorsiening. 195 perdekrag was beskikbaar teen 7600 o.p.m. en is oorgedra na die agterwiele deur middel van ‘n vyfspoed ratkas.

Die remstelsel was hidrolies van aard en skyfremme was op al vier wiele gepas wat die motor in staat gestel het om met veiligheid tot stilstand te kom.

Allooiwielnawe is gebruik en aan die voorkant was daar luginlate in die voorste bagasieruimte met die naam Dino op ‘n klein naamplaat. Enkel ligte met kort verchroomde stampers aan weerskante van die luginlaat het die voorste prentjie afgerond terwyl daar aan die agterkant vier ronde ligte gemonteer was met die bekende Ferrari embleem aan die linkerkant en die naam Dino GTS aan die regterkant.  Kort stampers aan weerskante van die nommerplaat het die agterkant afgerond.

Soos elke ander Ferrari is hierdie vandag ‘n baie gesogte versamelaars motor en om een aan te skaf, indien dit beskikbaar gaan wees, gaan jou ‘n hele paar rand uit die sak jaag.