Merkel se koalisie poging stol

Ses uur se gesprekke tussen top politieke leiers in Duitsland om ’n koalisieregering saamgestel te kry, het vir Angela Merkel rampspoedig gestol.

Die gesprek het op niks uitgeloop nadat die Christen Demokrate Unie van Kanselier Merkel nie tot ’n ooreenkoms kon kom met die Sosialiste oor die invloei van onwettige immigrante nie.

Die gesprek wat tot in die vroeë oggendure geduur het, moes uiteindelik gestaak word omdat die verskille oor onwettige immigrante nie oorbrug kon word nie.

Beide partyleiers het egter daarna gesê die twee partye is gedreineerd om tot ’n oplossing te kom, maar kenners wys daarop dat so ’n ooreenkoms die regerende Merkel se posisie net verder gaan verswak.

Die Sosiaal Demokrate se leier, Martin Schulz en kanselier Merkel van die Christen Demokrate het egter gesê alhoewel hulle nog nie ’n ooreenkoms bereik het nie, werk hulle daaraan om 4 Februarie tot ’n ooreenkoms te kom.

Politieke ontleders sê Angela Merkel se opsies raak al minder, en dit kan beteken dat sy toegewings sal moet maak wat die Sosialiste soos ’n handskoen pas.

Haar dilemma is daarin dat haar vennoot, die Christen Sosiale Unie van Bavaria sterk standpunt ingeneem het oor onwettige immigrante se toelating tot die land, en aan die anderkant is die linkse Sosialiste se eis dat die strenger maatreëls geskrap moet word.