Merkel bekommerd oor koalisie

Die Duitse regeringshoof, kanselier Angela Merkel, het haar kommer laat deurskemer dat die sosialiste die naweek dalk gaan besluit om nie deel van die Merkel koalisie te word nie.

Kanselier Merkel het in Berlyn die vêrlinkse Sosialiste tot ’n sin van “verantwoordelikheid” opgeroep om Sondag die regte besluit te neem om wel deel te neem in die koalisieregering.

’n Aansienlike deel van die besluitnemers in die Sosiaal Demokratiese Party van Martin Schulz is gekant teen enige koalisievorming met die meer konserwatiewe Christen Demokrate Unie (CDU) van Angela Merkel.

Die leiers van die CDU en die CSU van Bavaria het reeds verkennende gesprekke met die sosialiste gevoer, maar die leier, Martin Schulz, moet die eerste rondte se inligting aan sy party voorlê vir oorweging.

Die linkse sosialiste het reeds in een deelstaat besluit om nie deel te neem aan die koalisieregering nie, en die vermoede bestaan dat hulle sterk standpunt sal inneem tydens die komende naweek se leiersvergadering.

Indien die sosialiste sou onttrek uit verdere samesprekings, sal Merkel een van twee opsies moet oorweeg, naamlik ’n opvolg verkiesing, of om as minderheidsparty te regeer.

Bondskanselier Angela Merkel