Kataloniese parlement hervat werksaamhede

Na die verkiesing wat deur die Spaanse regering op Katalonië afgedwing is, het die koalisievennote, wat almal afskeiding van Spanje voorstaan, hul nuwe parlementêre speaker aangewys.

Die lede van die streek se nuwe parlement het die eerste sitting gehou en die regerende separatiste gaan waarskynlik deur Spanje gevra word om ’n onderneming van lojaliteit aan die Spaanse staat te onderneem.

Die vraag is egter nog nie duidelik of die afgesette president, Carles Puigdemont, toegelaat gaan word om die regeringsleier te bly nie.

Hy het uitgewyk na België nadat die Spaanse owerheid hom in hegtenis wou neem weens sy aandeel om Katalonië se onafhanklikheid van Spanje in die parlement aan te kondig.

Verskeie parlementslede van die separatiste kon nie die eerste sitting van die parlement bywoon nie aangesien hulle steeds in Spaanse tronke aangehou word weens hulle betrokkenheid by die poging om die streek af te skei van Spanje.

Geel strikke is aangebring in die afwesiges se leë stoele van die parlement om te toon dat hulle steeds as parlementslede geag word.

Puigdemont se aanbeveling dat hy deur middel van ’n videostelsel as regeringshoof kan optree, is deur die Spaanse regering verwerp.

Foto – Katalonië se parlement