Kaliforniërs stig nuwe VSA staat

Die Amerikaanse deelstaat Kalifornië gaan waarskynlik in twee gedeel word deur die “oprigters” van die Nuwe Kalifornië wat wil afskei van die bestaande deelstaat.

Indien die oprigters daarin sou slaag om die nuwe deelstaat tot stand te bring, sal dit die 51ste staat van die VSA word.

Met die oprigters se “Deklarasie van Onafhanklikheid uit Kalifornië” wat die huidige deelstaat as onbestuurbaar noem, bestaan die hoop om so spoedig moontlik die nuwe deelstaat tot stand te bring.

Die nuwe deelstaat sal bestaan uit die grootste deel van Kalifornië en sal nie die stedelike kusgebiede insluit nie.

Die oprigters van die nuwe deelstaat beweer dat Kalifornië deur tiranne beheer en bestuur word, wat ondermeer gelei word deur Robert Paul Preston.

Die oprigters sê die staat Kalifornië se agteruitgang is die belangrikste rede waarom afskeiding nodig geword het, en wys op die agteruitgang van onderwys, die polisie en die infrastruktuur sowel as die gesondheidsdienste.

Die oprigters wil poog om die bestaande bestuur daarvan te oortuig dat afskeiding nodig geword het, waarna ’n resolusie in die Amerikaanse Kongres voorgelê sal word.