Kaapstad oudit nie skoon

Die Stad Kaapstad wat die enigste metro was wat ’n skoon oudit verslag gekry het, is nou in die knyp weens verskeie bestuursake wat ondersoek word.

Vir die eerste keer in 10 jaar het die ouditeur-generaal nie ‘n skoon oudit uitgereik nie weens die verlies aan inkomste by die MyCity busdiens.

Uitgawes aan Patricia de Lille se huis het ook rooi vlae laat opgaan. Finansiële wangedrag van senior bestuurders is ook nie volgens regulasies voorgelê aan die raad nie.

Die waterkrisis in die Moederstad kan dalk daartoe lei dat Moody’s die stad se munisipale effekte tot skroot status kan afgradeer.

Intussen is dit ‘n geweldige verleentheid vir die DA wat in beheer van die stad is en beweer dat hulle beter bestuur kan toepas as die ANC. Dit blyk nou nie die geval te wees nie, en pogings is reeds aangewend om De Lille “saggies” te verskuif en elders aan te wend. Daardie aanbod het sy egter summier verwerp.