Iets vir die soettand

Smartie fudge resep vir die jonger geslag. Bietjie duur maar so ‘n hemelse lekkerte

 

Bestanddele:

4 plakke Cadbury romerige sjokolade

1 blik kondensmelk

5 ml vanielje geursel

1,5 pakkies Smarties

 

Metode:

Smelt alles saam en roer laaste die Smarties in. (Die kleure moenie in die warm kondensmelk smelt nie).

Versier bo-op met nog Smarties.

Laat afkoel en sny in blokkies.

 

Geniet die lekkerte na die vakansie.