Hof beslis teen Puigemont plan

Carles Puigdemont kan nie die eed aflê as minister-president van Katalonië as hy nie in Spanje is nie, wat meebring dat hy nie as president van Katalonië ingehuldig kan word nie.

Die beslissing is die afgelope week in die Grondwethof van Spanje gemaak nadat die regering verneem het dat Puigdemont van plan was om van buite Spanje te regeer as president van die streek.

Dinsdag kom die parlement van Katalonië byeen om ’n nuwe minister-president aan te wys terwyl prominente leiersfigure van die separatiste as bannelinge in België is en ander reeds in hegtenis geneem is weens hulle aandeel aan die onafhanklikheidsverklaring wat verlede jaar aangekondig is.

Die separatiste wat die verkiesing met ’n vergrote meerderheid gewen het, se eis dat sy leiers losgelaat moet word, het op dowe ore geval in Spanje, en blyk dit dat die separatiste gedwing sal word om nuwe leiers aan te wys in die plek van diegene wat nie meer as parlementslede kan dien nie.

In gevolge die Spaanse wette kan die separatiste wat skuldig is aan meewerking om die streek af te skei van Spanje, tot 30 jaar gevangenisstraf opgelê word.