Hewige aardbewing skok Alaska

In die Golf van Alaska het ’n hewige aardbewing Dinsdag voorgekom wat die Richterskaal op 8,2 gedruk het.

Intussen is ’n tsoenami waarskuwing uitgestuur om mense in die kusgebied te waarsku teen stormagtige branders.

Die Amerikaanse Geologiese Dienste het waarskuwings uitgestuur deur die sosiale media ten einde vinnige optrede te verseker.

’n Tsoenami waarskuwing beteken ondermeer dat die aardbewing uiters swaar is en geweldige oorstromings in kusgebiede verwag kan word.

Waarskuwings is ook uitgestuur na Brits Columbië en na die suidelike kusgebiede van Amerika.

Die sentrale punt van die aardbewing was 280 kilometer suidoos van Kodiak, in Alaska, met ’n diepte van 10 kilometer.

Die Amerikaanse weerdiens het gewaarsku dat dit een van die kragtigste aardbewings is wat nog in die VSA gemeet is, en kan groot storms te wagte wees.