Gesondheidshoof bedank na 143 sterftes

Die geskorste hoof van Gauteng se Departement van Gesondheid, dr. Barney Selebano, het bedank.

Dit was hy wat die oorplasing van pasiënte goedgekeur het vanuit die Life Esidimeni fasiliteit na ongeregistreerde fasiliteite. Die oorplasing het gelei tot 143 pasiënte se dood.

Tydens Selebano se aanstelling, het Jack Bloom van die DA Selebano se lof besing en gesê hy is ‘n goed gekwalifiseerde dokter, dat hy integriteit het en dat hy stabiliteit sal bring in die departement. Dit het duidelik nie gebeur nie en die feit dat Selebono ‘n MBCHB van Medunsa agter sy naam kon skryf beteken nie dat hy gekwalifiseerd was om pasiënte toesig waar te neem nie.

Selebono was die vyfde hoof van die departement in ses jaar nadat vier vorige hoofde  bedank het weens onbekende redes.

Intussen sê VF Plus se Philip van Staden dat Selebano nie vervolging sal vryspring as gevolg van sy bedanking nie.

“Selebano het tydens die verhoor verantwoordelikheid aanvaar vir die tragedie wat onder sy vaandel plaasgevind het. Hy toe self gesê indien so ‘n tragedie onder jou leierskap gebeur, jy nie mag wegstap nie. Dit wat hy nou doen deur te bedank. Hy volg nie sy eie raad nie.

“Die VF Plus is ook van mening dat die Gautengse premier, David Makhura, nie Selebano se bedanking moet aanvaar nie, anders lyk dit of die premier ook sake wil toesmeer,” sê mnr. Van Staden.

Foto: Barney Selebano