Geskorste amptenare kry R2,3 miljoen

Dit word bereken dat dr. Barney Selebano meer as R1,6 miljoen betaal is tydens sy skorsing terwyl dr. Makgabo Manamela R700 000 ontvang het tydens sy tydperk van “werkloosheid”.

Die twee het binne ‘n week albei bedank uit hul poste by die Gautengse Departement van Gesondheid en ten spyte van hul onvermoë om hul werk te verrig het, sal beide nog steeds ruim pensioen voordele ook ontvang.

Foto: Barney Selebano