EU maak planne teen plastiek besoedeling

Die Europese Unie het bekend gemaak dat hy planne oorweeg om die plastiek besoedeling wil teenwerk deur herwinning en hergebruik daarvan te verplig.

Die EU beoog om alle plastiek wat in Europa gebruik word, teen 2030 te hersirkuleer wat beteken dat sowat 25 miljoen metrieke ton jaarliks hersirkuleer sal word.

Tans word sowat 30% van die plastiek in herwinningsprogramme opgeneem terwyl die res gedeeltelik verantwoordelik is vir die mikroskopiese klein deeltjies wat die lug, see en grond besoedel.

Beramings wat onlangs gemaak is dui daarop dat plastiek die see so ernstig besoedel dat dit teen die jaar 2050 in massa meer sal wees as die visse van die see.

Die Europese Kommissie se visepresident, Frans Timmermans, sê daar is net een manier om die besoedeling teen te werk, en dit is om die hergebruik van plastiek toe te pas met doelgerigte programme.

Die EU is van plan om ’n volhoubare program in te stel om plastiek se hergebruik moontlik te maak, aangesien dit nou die mens se grootste vyand geword het, wat deur homself begin is.