Duisende vlugtelinge sterf in woestyn

’n Ondersoek wat pas afgehandel is, dui daarop dat duisende sogenaamde vlugteling in Niger jaarliks omkom in die woestyne weens “die Europese immigrasie” beleid.

Dit is die bevinding van Dokters van die Wêreld wat bevind het dat meer as 6 000 vlugtelinge binne 18 maande omgekom het in die woestyn.

Die sogenaamde vlugtelinge beland in die hande van ongevoelige mensesmokkelaars wat hulle dan deur die lewensgevaarlike roete dur die woestyn neem.

Niger is die punt waardeur swartes van Afrikastate beweeg om in Libië te kom vanwaar hulle met swak toegeruste bootjies die Middellandse See trotseer om na Europa te probeer vlug.

Maandeliks beweeg sowat 50 000 onwettige immigrante na Libië in ’n poging om uiteindelik in Europa aan te kom.

Die Europese Unie het in 2015 ’n ooreenkoms aangegaan met Niger om die vlugtelinge nie na Europa te vervoer nie, maar eerder met die 190 miljoen euro hulle in opleidingskampe te hou, wat klaarblyklik ’n totale mislukking is.