Dokter: Trump in goeie gesondheid

Die geneesheer van die Amerikaanse Wit Huis het aangekondig dat die president, Donald Trump, se gesondheid in ’n uitstekende toestand is.

Die geneesheer sê die president is nie net liggaamlik gesond nie, maar verkeer ook in ’n uitstekende geestelike toestand.

Die dokter se bevinding volg enkele dae nadat ’n kontroversiële boek op die winkelrakke verskyn het wat die teendeel beweer, maar wat deur baie min Amerikaners gelees word.

Die boek wat deur ’n vêrlinkse joernalis geïnisieer is en baie van sy inligting by die afgedankte personeel van die Wit Huis verkry is, het feite verdraai en bedenkinge oor die president se geestelike gesondheid bevat.

Die Wit Huis geneeskundige, Ronny Jackson, het die week alle moontlike bedenkinge oor die president se gesondheid gekelder toe hy aangekondig het dat die president se gesondheid uitstekend is.

Die dokter sê die goeie gesondheid van president Trump kan deels toegeskryf word aan sy lewenslange onthouding van tabak en alkohol en gesonde eetgewoontes, maar sou aanbeveel dat hy ’n beter oefenprogram begin met die doel om sy gewig te verminder.

Foto – Die Trump egpaar