Dodetal styg tot 61

Die Nasionale Gesondheidsdepartement het aangekondig dat, sedert die uitbreek van Listerioses, daar reeds 61 sterftes was.  727 gevalle is in 2017 aangemeld met Gauteng die voorloper op 442 en Wes-Kaap met 92 in die tweede plek.

Listeriosis word beskryf as gevaarlik maar wel behandelbaar.  Dit word deur bakterieë versprei en word gevind in grond, water en plantegroei en word veroorsaak deur die bakterie Listeria monocytogenes.

In Desember is regulasies aangepas waarvolgens Listeriosis ‘n verpligte aanmeldbare siekte gemaak is.