Dié gids sterf na 138 jaar

In Nederland het die publiseerders van die land se telefoongids aangekondig dat die druk daarvan nou gestaak word na 138 jaar van getroue diens aan die telefoon gebruikers.

Die uitgewers, De Telefoongids, wys daarop dat die telefoongids sedert 1881 getrou beskikbaar gestel is, maar opnames toon dat slegs 2% van die gebruikers meen die gids is steeds onmisbaar.

Die afgelope jaar is die laaste vier miljoen telefoongidse op die drumpels van woonhuise  neergesit, maar dit was die laaste aflewering.

Intussen is ’n netjiese webblad opgestel, en die word gereeld opdateer, wat die opsoek van nommers veel makliker maak.

Telefoonnommers word nou by www.detelefoongids.nl opgespoor, en die groot voordeel daarvan is dat mense regoor die wêreld die nommers wat hulle wil skakel, sonder enige moeite kan vind.

Meningsvormers sê dit is ’n positiewe stap, en verseker ook ’n enorme besparing van hout wat vroeër vir die doel aangewend is.