Dank Lesufi af en vervolg hom

Die Gautengse premier behoort die LUR van onderwys, Panyaza Lesufi afgedank te word, en aanspreeklik gehou te word vir die geweld by skole en behoort daarvoor vervolg te word.

Die eis kom van VF Plus wat sê Lesufi se politieke agenda dryf Gauteng nou na chaos, wanorde, geweld en rassisme.

“Die VF Plus waarsku al ‘n geruime tyd in die Gautengse wetgewer dat Lesufi hom nie bepaal by sy werk nie, maar eerder ‘n agenda het om in die kabinet op te eindig, Afrikaanssprekendes te onthef van hul grondwetlike regte om in hul moedertaal onderrig te word, Afrikaners voortdurend met swepe te slaan en versuim om skole te bou asook om genoegsame onderwysers aan te stel.

“Lesufi, wat altyd met groot bravade voor die kameras verskyn, se agenda teiken nou alle enkelmedium-skole in die provinsie.  Die VF Plus glo dat Lesufi besig is om rassisties op te tree en dat hy ‘n agenda van die EFF dryf.

“Met elke toespraak wat Lesufi in die Gautengse wetgewer maak, word hy deur die EFF toegejuig.  Die VF Plus begin nou wonder van watter party hy nou eintlik ‘n lid is.”