Brian Molefe kry pak slae en moet hoes

Die hooggeregshof in Pretoria het beveel dat Brian Molefe, die voormalige en hoogs omstrede bestuurshoof van Eskom, alle gelde wat hy ontvang het vanuit Eskom se pensioenfonds terug moet betaal.

Sy skeidingspakket en “vroeë aftrede ooreenkoms” was onwettig en moet ter syde gestel word.

Nog sout is in die wonde gevryf deurdat die hof beveel het dat Molefe die hofkoste van beide partye moet betaal.

Hy is so arrogant deur te erken dat hy nie geregtig was op die uitbetaling nie maar het fouteer deur te dink dat die regulasies verslap kon word vir sy vroeë aftrede eis.

Hy moet nou sowat R11 miljoen in ‘n kort tyd betaal. Die vraag is nou of die Suid-Afrikaanse Inkomstediens, wat reeds hulle deel aan belasting afgetrek het, dit nou ook gaan terugbetaal aan die Eskom pensioenfonds?