Alles nie wel met SA Sport

Graeme Joffe, internasionale sportverslaggewer, het die kan wurms ontbloot in Suid-Afrikaanse Sport deur kaalvuis onder administrateurs on te klim.

Hy noem name soos Mark Alexander (president van SA Rugby) wat R500 000 per jaar belowe is sou Megapro ‘n tender toegestaan word.

Twee betalings is glo deur Sedgars gedoen en twee deur ‘n maatskappy genaamd “Ambro”.

Imtiaz Patel van MultiChoice, word genoem deur Megapro se borgskap van SuperSport United.

Jurie Roux se naam duik op met die Valke se ondersoek van R34 miljoen wat “weg”is by Universiteit Stellenbosch.

Die groep Sedgars betaal glo vir Fikile Mbalula se familie vakansie in Dubai.

Vraagtekens hang ook oor die R100 miljoen wat spandeer is op die Gemenebes Spele se aanbod  wat misluk het  terwyl Durban die enigste stad was met ‘n bod.