Afrika is kwaad vir Trump

Dit is nie net die ambassadeurs van Afrika state in die Verenigde Nasies wat hoogs ontsteld is oor president Trump se uitlatings oor Afrika nie, maar ook verskeie leiers van die Afrika Unie het geëis dat ’n verskoning aangebied word.

Dit volg nadat mediaberigte verskyn het waarin beweer is dat die Amerikaanse president “skerp taal” gebruik het met verwysing na Afrika lande.

President Donald Trump het egter ontken dat hy swak taal gebruik het toe hy na Afrikalande verwys het, maar selfs die omstrede president van Suid-Afrika het ’n verskoning geëis.

Al 54 die Afrika ambassadeurs by die Verenigde Nasies het die president se beweerde uitlating veroordeel en gesê dit is onaanvaarbaar en ’n rassistiese opmerking om na Afrikastate te verwys as “agteraf” lande.

In die gesamentlike verklaring van die 54 Afrikastate word genoem dat al die lande dieselfde gevoel het oor die beweerde uitlatings van die Amerikaanse president, en word ’n verskoning geëis, maar die president het op die sosiale netwerk ontken dat hy die skerp taal gebruik het.

Die Vryburger gebruik nie die bewoording wat in ander media berigte gebruik is om die lande te beskryf nie.

President Trump het later gesê sy hulp aan Afrikastate gaan ongestoord voort, ongeag wat die media mag berig.