Wors en Knoffelbrood vir Oujaar

Na die groot kersete is u dalk lus om Oujaarsaand ‘n stukkie wors te braai met ‘n smaaklike knoffelbroodjie daarby.

 

Tamatie en Knoffel braaibrood:

 

Meng 150 gr sagte botter, 20 ml gekapte knoffel en 10 ml Tamatiepasta en roer tot goed gemeng.

Meng 125 ml gebraaide sampioenskyfies, 200 gr Mediterreense-styl tamaties, gedreineer, ‘n handvol gekapte basilieblare en 60 gr gerasperde mozzarellakaas saam en geur liggies met sout en gemaalde swartpeper.

Sny 1 groot ciabattabrood in snye maar nie regdeur nie.

Smeer botter egalig tussen die snye en skep die tamatiemengsel in.

Strooi nog 125 gr gerasperde mozzarellakaas oor.

Plaas op ‘n stuk swaar foelie, draai toe en braai vir ongeveer 30 minute op mediumwarm kole – draai dit elke 5 minute om.

U kan dit ook vir 15 – 20 minute in die oond bak teen 180 grade C.

 

Strooi nog vars gekapte basilieblare oor om voor te sit en geniet