Wêreld se grootste vleisbraai

Die Suid-Amerikaanse staat Uruguay, het besluit om die wêreld se grootste vleisbraai te hou om die wêreldrekord op te stel deur 38 000 porsies op die roosters gaar te maak.

Meer as 150 instansies uit Uruguay is betrokke en sal meedoen om ook die sowat agt ton slaai gereed te maak wat saam met die braaivleis aangebied sal word.

Die land se beste sjefs is ingespan om te help sodat die 16,5 ton beesvleis goed voorberei en aan die duisende hongerige mense beskikbaar kan wees.

Restaurantbase het ingewillig om te help sodat die tonne vleis op tradisionele wyse voorberei word terwyl volksorganisasies regdeur die land betrokke geraak het om die honderde vure en roosters gereed te maak.

Dit is die eerste keer dat die land se organiseerders ’n poging aanwend om die Guinness rekord te breek.

Foto – Slegs ’n deel van die baie roosters