Wêreld Nuusflitse – 29 Desember

Zimbabwe

Die nuwe president van Zimbabwe,  Emmerson Mnangagwa , het die veteraan weermaghoof wat nou afgetree het, Constantino Chiwenga, aangewys as die nuwe visepresident van die land, en daarmee die militaristiese kabinet verder uitgebrei.

 

Indië

In Indië word steeds gesoek na 66 ervare vissermanne wat vermis word en reeds etlike dae gesoek word, nadat stormweer die suidelike seegebied geteister het.

 

Rusland

Die Russiese minister van buitelandse sake het ernstige beswaar gemaak oor die opmerking van Amerika oor die Russiese opposisieleier nie aan die verkiesing mag deelneem nie, en hy het gesê die Amerikaners het daarmee direk ingemeng in die verkiesing wat in 2018 gehou word.