Wêreld Nuusflitse – 13 Desember

Brittanje

Die inflasiekoers het tot 3,1% gestyg in Brittanje, wat die hoogste is in die afgelope ses jaar en die koperspubliek hewig ontstel omdat dit glo ’n negatiewe uitwerking sal hê op hul koopgewoontes in die Kersseisoen.

 

VSA

’n Woordvoerder van die Wit Huis in Amerika het bevestig dat die Amerikaanse president, Donald Trump, vroeg in 2018 ’n amptelike besoek sal aflê in Brittanje.

 

Brittanje

Swaar sneeuneerslae het sowat 100 000 reisigers gestand gelaat wat met British  Airlines na hul bestemming wou vlieg,  en dit lyk asof hulle etlike dae gaan wag voordat vliegtuie weer kan opstyg.