VVK werk reeds aan 2018 verkiesing

Die Sentrale Komitee van die VVK het onlangs ‘n belangrike beplanningsessie gehou ten opsigte van die verkiesing wat moet plaasvind in 2018.

Werksaamhede vir die verkiesing is volgens VVK-voorsitter, Christo Snyman, reeds agter die skerms voluit aan die gang.

Hulp is egter broodnodig. “Ten einde ‘n suksesvolle verkiesing te fasiliteer benodig ons nie net ‘hande op die dek’ nie maar ook finansiële bydraes. Ons versoek u dus vriendelik om ‘n maandelikse debietopdrag van ten minste R50 te teken of ‘n  jaarlikse bydrae te maak van minstens R200. ‘n Debietopdrag-vorm (Vorm 2) kan by hierdie skakel afgelaai en uitgedruk word:  vvk.co.za.www114.nur4.host-h.net. Dit kan per e-pos na [email protected] of per faks na 0865861354 gestuur word. Vir eenmalige inbetalings kan u die volgende bankbesonderhede gebruik: Bank: Standard Bank, Tak: Lynnwoodrif, Takkode: 012-445, Rekeningnommer: 018-289-541, Verwysing: U naam en van.

“U is ook welkom om te help met kieser registrasies deur as ‘n registrasiebeampte in u omgewing op te tree. Kontak gerus die kantoor vir meer inligting daaroor,” sê mnr. Snyman.

Die VVK se kantoor sluit op 15 Desember 2017 en heropen weer op 8 Januarie 2018.