Verkoop die land se olievoorraad en kry ‘n bonus

Tina Joemat-Pettersson sal ‘n lekker vet bonus van R2 miljoen ontvang.

Daar word vir die bonus  voorsiening gemaak in Gigaba se aangepaste begroting.

Joemat-Pettersson  het bedank as parlementslid ‘n paar dae nadat Jacob Zuma haar as minister afgedank het.

Dit was onder haar bestuur dat Suid-Afrika se strategiese olievoorraad verkoop is in ‘n skaduagtige ooreenkoms en teen ‘n  winskoop prys.

Foto: Tina Joemat-Pettersson