Unisa Regsfakulteit in rassedebakel

Spanning tussen wit en swart akademici by Unisa se regsfakulteit het breekpunt bereik nadat rasse uitlatings soos “wittes moet hel toe gaan” tussen lede plaasgevind het.

Dit het daartoe gelei dat die Menseregte Kommissie (MRK) ingeroep is om die situasie te ontlont

Dit is nie bekend of enige klagte van rassisme aanhangig gemaak is teen die vermeende daders nie. As swartes die opdrag sou gekry het om hel toe te gaan, sou klagte beslis reeds aanhangig gemaak gewees het.