Tuisgemaakte tamatiesous

Tuisgemaakte tamatiesous wat gebruik kan word vir pasta geregte, maalvleis geregte en ook met ontbyt saam met eiers en nog wat. Baie handig om in die kas te hê.

Tuisgemaakte tamatiesous:

4 kg tamaties

1 kg uie, grof gekap

3 koppies wit asyn

1 kg suiker

2 eetlepels sout

2 eetlepels kerrie (opsioneel)

1 eetlepel borrie (opsioneel)

1 eetlepel droë mosterd

3 eetlepels mielieblom (maizena)

Sit die tamaties in ‘n groot diep bak en gooi kookwater oor en verwyder die skilletjies na ‘n paar minute.

Sny die tamaties dan in kwarte.

Kook die gekapte ui, 2 koppies asyn, suiker, sout en speserye vir ‘n halfuur saam in ‘n groot pot.

Voeg al die tamatie kwarte by die mengsel in die pot en laat vir nog sowat 30 minute prut. Roer af en toe.

Meng die mielieblom met die res van die asyn, en roer dit by die tamatiemengsel in en roer goed deur en kook vir nog sowat 20 minute en roer gereeld.

Gooi die warm sous dadelik in warm gesteriliseerde flesse.

Wenk: U kan die kerrie en borrie weglaat en dit met knoffel en rissie vervang. Dit kan ook gegeur word met roosmaryn of ‘n bietjie basilie. Die basilie gee dit ‘n heerlike smaak.

Geniet dit volgende keer met u pasta.