Tillerson kap na Rusland en Sjina

Terwyl die Noord-Koreaanse verteenwoordiger in die Verenigde Nasies probeer om die vergadering te beïndruk met sy standpunt dat sy kernwapen program uit nood gebore is uit vrees dat die VSA ’n aanval op hom kan uitvoer, het Amerika gekap na die Russe en Sjinese.

Die Amerikaanse minister van buitelandse sake, Rex Tillerson, sê die Sjinese en Russe se noue bondgenootskap met Noord-Korea ondermyn die vredespogings.

Tillerson het die afgelope naweek in die Veiligheidsraad van die VN ’n beroep gedoen op die twee super moondhede om heroorweging te gee aan hulle ekonomiese bande met Noord-Korea gedurende die spanningsvolle tyd.

Hy het ook gesê die sanksies wat teen Pyongyang se regime ingestel is, voldoen nie aan die verlangde vereistes nie en behoort hersien te word om enigsins ’n oorredingsfaktor te word wat Kim Jong-Un tot ander insigte sal bring.

Enkele dae tevore het president Trump van Amerika gesê die Sjinese regering lewer wel ’n bydrae, maar Rusland nie, en hy sou wou sien dat Rusland ook van hulp raak.

Foto – Minister Rex Tillerson