Stywe EU rekening wag op Britte

Groot-Brittanje sal waarskynlik ’n finale rekening van sowat 40 miljoen euro moet vereffen aan die Europese Unie, nadat ’n ooreenkoms uiteindelik bereik is oor fase een se onderhandelings.

Die inligting is deur ’n woordvoerder van eerste minister Theresa May vrygestel na afloop van samesprekings tussen haar en die voorsitter van die Europese Kommissie.

Politieke ontleders sê die vordering wat gemaak is met die Britte se uittrede uit die Europese Unie het ’n mate van groter gerustheid gebring onder Britse kiesers nadat dit bekend geword het dat die pas afgelope onderhandelings ook voorsiening gemaak het dat Europese werkers in Brittanje, en Britse werkers in Europa se omstandighede onveranderd bly.

Waarnemers wys egter daarop dat die afgelope fase een ooreenkoms wat telkens gestol het, die maklike deel was, en dat fase twee se onderhandelings veel moeiliker gaan wes.

Die finansiële aspek is slegs een van die pilare van die totale akkoord oor skeiding, en nou volg fase twee wat sal fokus op ’n handelsooreenkoms wat veel moeiliker is.

Verskeie Europese leiers het gereken op ’n finansiële rekening van tot 60 miljard euro, en die huidige bedrag van nie meer nie as 45 miljard word as ’n oorwinning vir premier May gesien.