Shell investeer in groen energie

Shell oliemaatskappy het besluit om sy investering in groen energie te verdubbel en onderneem om sy CO2 voetafdruk teen 2050 met 50% te verminder.

Die oliereus het tot die besluit gekom nadat die aandeelhouers groot druk op die besluitnemers van Shell gesit het.

Die Duits-Britse Shell maatskappy verhoog sy kapitaal vir die nuwe energie-afdeling vir die tydperk 2018 tot 2020 van 850 miljoen tot 1,6 miljard euro per jaar.

Die maatskappy sal die fondse wat bewillig is aanwend vir windenergie, biobrandstof, en infrastruktuur vir elektroniese voertuie wat die huidige vulstasies sal uitbrei.

Waarnemers meen Shell is bekend vir sy aggressiewe geldmaak metodes, en word wêreldwyd deur natuurliefhebbers gekritiseer vir hulle optrede soos skaliegas ontginning ten koste van die omgewing.